<

Jana Jonkers

Jana Jonkers says she knows of Jantjie’s ram, but has never encountered or seen him. She says that she did once see a waternooientjie (water maiden), though.

Jana Jonkers was 70 years old at the time of the interview. She knows of Jantjie’s Ram, but has never encountered or seen him. She says she has seen a waternooientjie (water maiden) before.

 

Tell us how old you are, your name.

I’m 70 years old.

Your name?

Jana.

Surname?

Jonkers.

Tell us a bit about your growing-up years.

I grew up here. Grew up, one of many, where walk and go. I don’t know what else to say.

Okay. Do you know stories?

Uh-uh.

Ghost stories?

Ghost stories? Yes. Ghosts.

Tell us a story.

Yes, I, one night we were walking here, then three people came from the cemetery, from up there. We ran away. All the way down here, to Swartvlei. That was all that I saw.

Jantjie’s Ram. Do you know a story like that?

Yes. Jantjie’s Ram. I’ve never seen him.

Stories about the river, did they tell you about water maidens and so on?

I haven’t heard about the water maidens. Just know that they said that he took you into the water. I’ve only seen, there at the, at the other bank, at the merry-go-round (?? 01:46) came out there and lay in the bath.

What does he look like?

He looks just like a human, below fish, human. All that I know…

Jana Jonkers was 70 jaar oud ten tyde van die onderhoud. Sy weet van Jantjie se ram, maar het hom nooit teëgekom of gesien nie. Sy sê sy het al ’n waternooientjie gesien.

Jana Jonkers was 70 jaar oud ten tyde van die onderhoud. Sy weet van Jantjie se ram, maar het hom nooit teëgekom of gesien nie. Sy sê sy het al ’n waternooientjie gesien.

 

Vertel hoe oud Antie is, Antie se naam.

Ek is nou sewentig jaar oud.

Antie se naam?

Jana.

Van?

Jonkers.

Vertel so ’n bietjie van Antie se grootwordjare.

Ek het maar grootgeword hier. In die bolling in grootgeword waar loop en gaan. Ek kan nou nie verder sê waar …

Oukei. Ken Antie stories?

Uh-uh.

Spookstories?

Spookstories, ja. Spoke.

Vertel daar vir ons een.

Ja, ek het een aand het ons hier geloop, toe loop ons hier af, toe kom daar drie mense van die begraafplaas, nou van bo af, begraafplaas af. Ons het weggehol. Aanmekaar hier af, Swartvlei toe en toe’s dit al wat ek gesien het.

Weet Antie van Jantjie se Ram? Ken Antie so ’n storie?

Ja. Jantjie se Ram. Ek het hom nog nooit gesien nie.

Rivierstories, het hulle vir Antie vertel van waternôientjies, of so?

Ek het nog niks gehoor van die waternôientjies nie, weet net dat hulle gesê het hy vat ’n mens in die water in. Ek het nog net gesien daar by die, by die ander bank, by die merry-go-round (?? 01:46) daar uitgekom het en in die bad gelê het.

Hoe lyk hy, Antie?

Hy lyk nes ’n mens, onder vis, mens. Al wat ek weet …