Oor | About

The Centre for Curating the Archive has been collecting stories in the Western and Northern Cape since 2010, when José Manuel de Prada-Samper was appointed as a post-doctoral fellow. His publication, The Man Who Cursed the Wind and Other Stories from the Karoo (2017), is evidence of a rich seam of folklore, in which narratives, many passed down for generations, speak of long traditions of storytelling, still vital and alive in the Karoo. More recently the CCA has engaged Patrick Hanekom, nature conservator and experienced interviewer from Algeria, to record narratives from Porterville, Citrusdal, Clanwilliam, Algeria, Wupperthal, Calvinia and surrounds. A wealth of stories – some echoing the voices of the long dead, others stories of individual experiences – are being collected from people who have lived in these places for many years. Legends of Dirk Ligter and Jan Thomas, stories of Jantjie se Ram and the water creatures living in dams and rivers are shared, along with family histories. Their accounts speak of both personal struggle, and of achievement, and reflect on some of the history and spirit of the area stretching along the Groot Winterhoek and Cederberg.
Die Centre for Curating the Archive versamel reeds sedert 2010 stories uit die Wes- en Noordkaap sedert José Manuel de Prada-Samper as postdoktorale genoot aangestel is. Sy boek, Die man wat die wind vervloek het en ander stories van die Karoo (2017), is ’n keur van volksoorlewerings. Hierdie stories het oor geslagte heen behoue gebly en spreek van die sterk tradisie van mondelinge storievertel wat vandag nog voortleef in die Karoo. Meer onlangs het die CCA vir Patrick Hanekom, natuurbewaarder en ervare onderhoudvoerder van Algeria, gevra om stories uit Porterville, Citrusdal, Clanwilliam, Algeria, Wupperthal en Calvinia op te teken. ’n Skatkis van stories is versamel, soos vertel deur die mense wat hulle lewe lank hier woon – stories van lank, lank gelede of van hulle persoonlike ervarings. Dit sluit in die legendes van Dirk Ligter en Jan Thomas, stories oor Jantjie se ram, verhale van die waterwesens wat in damme en riviere woon en familiegeskiedenisse. Hierdie vertellings gee ons ’n blik op die swaarkry en oorwinnings van hierdie mense, en so leer ons meer oor die geskiedenis en wese van die Groot Winterhoek- en Sederbergkontrei.

Project Team

Pippa Skotnes (CCA Director)

Maggie du Toit  and Jade Nair (Project Managers)

Patrick Hanekom (Fieldworker, photographer and interviewer)

Philip John (Transcriber and translator)

Anita van Zyl and Thomas Cartwright (Editors and proofreaders)

Marlene Rose (Translator)

Niek de Greef (Web Designer)