<

Dina Fransman

Dina Fransman was born in 1948 and grew up on a farm named Swartvlei near Citrusdal. She was a kindergarten teacher for many years, but retired in 2005.

Dina Fransman tells of where her parents are from, her childhood years and her own children. She shares a story of Jantjie’s ram, who would protect you from paljas (magic).

Dina Fransman was born on 11 October 1948 on Allendal and was raised in Swartvlei. She went to school at Noordhoek Primêr. She walked to school barefoot throughout the year. She started school at age 10 and attended for five years. At the age of 21 she married. Her mother is from Clanwilliam and her father is from Elandskloof. He came in through the Olifantsrivier for work. She was not told many stories by her parents growing up and says she continues to learn. She has five children who now take care of her. She was a kindergarten teacher for 17 years and did the necessary courses and got the training for it. She retired 13 years ago and has been a widow for three years. She only knows a little about the waterbaas (water boss) and waternooientjie (watermaiden).

Dina tells the storie of Jantjie’s Ram. Her father told it to them as children, saying he walks with you in the dark to protect you. The ram can change shape to a dog, cat, lion or goat. Although the ram is said to protect them in the dark, Dina was scared of it. She explains that paljas (magic) is magic another does to you, and it was said that it would make you run around on your head. “Luckily we have not been struck by this magic,” Dina says.

 

My name is Dina Fransman. I was born on the 11th October 1948, and… I was born on Allendal (?? 00:31) but grew up on Swartvlei, on Onder-Swartvlei I grew up. Went to school at Noordhoek Primary teachers? Noordhoek Primary, went to school, walked on foot from Swartvlei to Noordhoek, mornings and afternoons. Winter and summer we walked like that, to school and back.

Tell us how it was (inaudible 01:08).

Those years were quite… quite backward. I was already, I was ten when I went to school because the school was built later on. I went to school at ten years of age and probably went to school for about five years. Also walked barefoot in those years, because we didn’t have better futures in those years. But we carried on and carried on, and I became a young woman, moved about and worked in different places and at the stage of 21 I married. My husband.

Did your mother and them tell you stories? Old stories, river stories, hunting stories, ghost stories?

Yes. Our parents told us ghost stories and scare stories that scared us. We didn’t really know about, like the children nowadays, about many things. We knew very little because our parents also hid a lot from us that we didn’t know, that we’re only learning today, that we didn’t know.

So we carried on, because my ma is actually from Clanwilliam. My ma comes from Clanwilliam and my pa is from Elandskloof. My pa is an Elandsklower. He was born in Elandskloof, grew up there and moved here to the Oolfant River to work. And, we didn’t actually know much. The little that we were taught, we learnt at school. And I went to school, and went to school and married and took a husband and worked, and worked and brought up my children. I am a mother of five children. Brought up five children.

And also learnt more, learnt more, and then I came to a stage where I started running a nursery school, because I… Then, the farm manager sent me, sent me for training, course, for running a nursery school. Then I was a nursery school teacher here on the farm, for seventeen years I was a nursery school teacher. And then I… The children taught me a lot and I also learnt many other things that I didn’t know. Wasn’t aware of. Today, they know more than I do. They know more than I do, they can teach me today. And so, later on I came to a stage where I retired from the jobs, farm jobs, school jobs, and now I’m at home. It must be about, twelve, thirteen years that I’m at home, that I’m not working any more. That I’m now an aged person.

And I’m a widow. I’ve been a widow for three years. But the Lord is good to me, He helps me, I carry on. I don’t need anything. The children look after me and I look after myself.

Did you use to swim in the river?

We swam in the river when we were young.

Did the old people tell stories about the river?

They didn’t tell us stories about the river, about… We only learnt afterwards about water bosses and water maidens that are in the river.

What are those?

They, we don’t really know, we just know about water boss and water maiden.

[laughs]

Did your father and them tell ghost stories?

Yes, they told us ghost stories.

Do you still remember…?

My pa told us about Jantjie’s Ram.

Hmm.

Because Jantjie’s Ram walks with us. When we walk in the dark, then he walks with us and he looks after us. But we were very scared of Jantjie’s Ram, we didn’t want to… [laughs]

What does Jantjie’s Ram do?

He changes himself into everything, he changes himself into a dog, and he changes himself into a cat, he changes himself into a lion, and into a goat.

So he protects you and them?

He’s supposed to protect us, but I don’t know whether he did. But we were very scared of him, because we didn’t want to, many times we didn’t want to go out in the dark because we were too scared of Jantjie’s Ram.

Jantjie’s Ram?

Yes.

[laughs]

Have you maybe heard of Dirk Ligter?

Not yet.

Have you ever heard people talking about “paljas”*?

Yes.

What is it?

How do they say… [whispers to herself]

What do they say, what is it?

Paljas. Paljas is actually sorce-, the sorcery. With which people let you, with which another person can bewitch you. Our parents also taught us, when they bewitch you, you run around on your head. You don’t walk on your feet, because you’re running on your head. But at least no one of us has been hit by that magic.

Dina Fransman is in 1948 gebore en het op ’n plaas genaamd Swartvlei naby Citrusdal grootgeword. Sy was jare lank ’n kleuterskoolonderwyseres maar het in 2005 afgetree.

Dina vertel waar haar ouers vandaan kom en gesels oor haar kinderjare en haar kinders. Sy vertel ook ’n storie van Jantjie se ram, wat jou teen paljas (“towery”) sal beskerm.

Dina Fransman is op 11 Oktober 1948 op Allendal gebore, maar het op Swartvlei grootgeword. Sy het by Noordhoek Primêr skoolgegaan en winter en somer kaalvoet skool toe gestap. Sy is eers op die ouderdom van 10 skool toe en het vir vyf jaar lank skoolgegaan. Op die ouderdom van 21 is sy getroud. Haar ma kom van Clanwilliam af en haar pa van Elandskloof. Hy het deur die Olifantsrivier gekom om te kom werk. Haar ouers het haar nie juis stories vertel toe sy ’n kind was nie en sy sê sy leer nog steeds. Sy het vyf kinders wat nou na haar kyk. Sy was vir 17 jaar lank ’n kleuterskoolonderwyseres en het die nodige kursusse in kleuteronderwys geloop en opleiding ontvang. Sy het 13 jaar gelede afgetree en is nou al drie jaar lank ’n weduwee. Sy weet nie veel van die waterbase en waternooientjies nie.

Dina vertel die storie van Jantjie se ram. Haar pa het dit as kinders vir hulle vertel en gesê Jantjie se ram loop saam met jou in die donker om jou te beskerm. Die ram kan in ’n hond, ’n kat, ’n leeu of ’n bok verander. Hoewel die ram veronderstel was om jou in die donker te beskerm, was Dina baie bang vir hom. Sy verduidelik dat paljas “towery” is, waar ander mense jou laat toor, en dan hardloop jy op jou kop. “Maar ons [is] darem nog nie een deur daardie toor getref nie”, sê Dina.

 

My naam is Dina Fransman. Ek is gebore die elfde Oktober 1948. Ek is gebore op Allendal (?? 00:31), maar grootgeword op Swartvlei, Onder-Swartvlei het ek grootgeword, skoolgegaan op Noordhoek Primêr, onderwysers?, Noordhoek Primêr skoolgegaan, te voet gestap van Swartvlei na Noordhoek, soggens en middae, deur winter en deur somer het ons so gestap. Skool toe. En teruggekom.

Vertel vir ons hoe dit was (onhoorbaar 01:08).

In daai jare was dit maar, maar nog agterjare gewees. Ek was al, ek is op tien jaar in die skool gekom gaan, die skool het laat gebou geword, op tien jaar in die skool gekom en seker so vyf jaar skoolgegaan, Ook kaalvoet geloop, daai jare nog, want ons het nie, daai jare beter toekomste gehad nie. Maar ons het aangegaan en aangegaan en ek het ’n jongmeisie geword, rondgegaan en rond gewerk, en op die stadium van een-en-twintig het ek getrou. Met my man.

Het Antie-hulle se Ma-hulle vir Antie-hulle stories vertel, ou stories, rivierstories, of stories van jag of dies meer, spookstories?

Ja, ons ouers het vir ons kinders vertel van spookstories en bangstories wat vir ons bangmaak. Ons het nie eintlik geken van, soos nou se kinders ken nie, baie dinge nie. Ons het maar baie min dinge geken, want baie het ons ouers ook maar vir ons weggesteek, wat ons nie weet nie, wat ons vandag nou maar leer wat ons nie geweet het nie.

Ons het maar so aangekom, want my ma is eintlik van Clanwilliam. My ma kom daar van Clanwilliam af en my pa is van Elandskloof. My pa is ’n Elandsklower. Hy’s op Elandskloof gebore en grootgeword en hier by Oolfantsrivier ingekom en kom werk. En, ons het nie eintlik baie geweet nie. Die bietjie wat ons geleer en geweet het, het ons by die skool geleer. En, ek het maar skoolgegaan en skoolgegaan en getrou en man gevat en gewerk en gewerk en my kinders hier grootgemaak. Ek is ’n ma van vyf kinders. Vyf kinders grootgemaak.

En ook geleer nog, bygeleer, en toe’t ek op ’n stadium gekom waar ek, kleuterskool begin hou het, want ek het toe, die plaasbestuurder het toe vir my gestuur vir opleiding, kursus, vir kleuterskool hou. Toe was ek ’n kleuterskoolonderwyser hier op die plaas vir sewentien jaar het ek ’n kleuterskoolonderwyser gewees. En toe’t ek, die kinders het my maar baie wysgemaak en geleer en toe het ek ook baie dinge bygeleer, wat ek nie geweet het nie. Geken het nie. Nou weet hulle vandag meer as ek. Hulle weet vandag meer as ek, hulle kan vandag vir my ook leer. En, toe’t ek laterhand op ’n stadium gekom waar ek aftree uit die werke, plaaswerke, skoolwerke, en wat ek nou by die huis is. Ek is nou al omtrent, seker so twaalf, dertien jaar wat ek al by die huis is wat ek nie meer werk nie. En lat ek nou ’n bejaarde is. En, ek is ’n weduwee, ek is nou al drie jaar ’n weduwee. Maar die Heer is goed vir my, Hy help my, ek gaan aan. Ek kort niks nie. Die kinders sôre vir my en ek sorge vir my.

Het Antie-hulle altyd gaan swem in die rivier?

Ons het gaan swem toe ons jonk was in die rivier.

Het die oumense stories vertel van die rivier?

Hulle het nie vir ons stories vertel van die rivier nie, van, ons het ook maar agterna geleer van waterbase en waternôientjies wat in die rivier is.

Hoe sê hulle, wat is dit?

Hulle, ons weet nie eintlik wat dit is nie, ons ken net van waterbase en waternôientjies.

[lag]

Het Antie se pa-hulle vir Antie-hulle spookstories vertel, of nie eintlik nie?

Ja, hulle het vir ons spookstories vertel.

Onthou Antie nog daarvan?

My pa het altyd vir ons vertel van Jantjie se Ram.

Hmm.

Want Jantjie se Ram loop saam met ons as ons saans in die donkerte loop dan loop hy saam met ons en hy kyk na ons. Maar ons was baie bang vir Jantjie se Ram. Ons wil nie …

[lag]

Wat doen Jantjie se Ram?

Hy verander vir hom in alles, hy verander vir hom aan ’n hond, en hy verander hom aan ’n kat, hy verander vir hom aan ’n leeu, en aan ’n bok.

So, hy beskerm nou vir Antie-hulle?

Hy beskerm nou likely vir ons, maar ek weet nie of dit so gewees het nie, maar ons was maar baie bang vir hom want ons wil ook nie, baie keer in die donkerte ge-uit het nie, want ons was te bang vir Jantjie se Ram.

Het Antie al miskien gehoor van Dirk Ligter?

Nog nie.

En dan, het Antie al gehoor mense praat van paljas?

Ja.

Hoe sê hulle, wat is dit?

Hoe sê hulle [fluister vir haarself].

Wat sê hulle, wat is dit?

Paljas. Paljas is mos eintlik die towe-, die towery. Wat hulle wat die mense mens lat, ander mens laat vir jou toor. Het ons ouers ook vir ons geleer, as hulle jou toor, dan hardloop jy op jou kop rond. En dan loop jy nie op jou voete nie, want jy hardloop op jou kop. Maar, ons het darem nog nie een deur daai toor getref nie.