<

Barend Boelie

Barend Boelie was born on a farm named Karnemelksvlei, where he now lives and works. He has lived and worked on many farms in the area, but returned to Karnemelksvlei with his wife and firstborn when the farmer offered them a house.

Barend tells of how he was warned about the waterbaas (water boss) when he went to catch fish or play in the river as a child, and how they stayed home in the evenings fearing Jantjie’s Ram.

Barend Boelie was born on Karnemelksvlei and now lives and works there. He grew up and went to school on the farm until standard 4 and then went to school in Citrusdal until standard 6. Then he worked on various farms in the area. He met his wife and they had their first child before moving back to Karnemelksvlei, where the farmer gave them a house.

Barend and his friends went to the river after school to catch fish and were warned about the waterbaas (water boss) that would catch them. After catching fish and playing by the river they had to fetch wood and water. He and his brother peed on their feet in winter to warm them. They stole oranges and hunted lizards in the mountains. They were told to watch out for the mountain lizard that looked like a normal lizard but was bigger than a human. When walking around at night they were told to be careful of Jantjie’s Ram. Because they were scared and Jantjie’s Ram was strange and unfamiliar to them, they stayed home and sat around a little fire they made for themselves.

My name is Bêrend Boelie from Karnemelksvlei. I was born here on Karnemelksvlei, grew up here, went to school here from Sub A to Standard 4, then I went to Citrusdal town up to Standard 5. Then I left school and started working on the farm Karnemelksvlei. The name of the oubaas* that I worked for was Gert Burger. I worked here for two years, until I was 17 years old. From here I went to… then I moved to another farm. I worked there for about three years. But it wasn’t nice on the farm because I started drinking. Then I went to Algeria, worked with livestock from 1981. I started there. And I worked there all those years. I met a woman there, uhh, walked to Gootfontein and met a woman there. The woman’s name was Ertjie (?? 1:27). And then I came to live at my parents’ house. I was with my parents in the house and there, you know, there, I had a boy there. And then we continued working, me and my wife. And she later started working at a crèche on the farm. We’ve at least got our own house, got our own house from Mister Gert Van der Merwe. And so we continued and (inaudible 01:59) four children were born in the house, and so on. And thus far things are going well on the farm and I’m still on the farm where I was born and I’m still working on the farm Karnemelksvlei.

(inaudible)

Yes, I did, was a big drinker, man. And, now at this late stage I’ve converted, so that I can get to the Lord, because one cannot continue one’s life like that.

[pause]

My ma and pa also lived on the farm. My pa was actually from Ceres, (? inaudible 2:57). But he didn’t, he didn’t live on that farm. So we were born here, us children were all born here and grew up here. My pa has passed away, only my ma is still alive.

You swam in the river a lot, didn’t you? Are there stories about the river that people…?

Yes, as school children we always went from the school to the river and fished, and got home in the late afternoon, at sunset. And then we still had to collect wood for our parents and fetch water because the water ditch was quite far from where we were, the ditch from where we had to carry water. When the people came home from work there had to be water, there had to be wood. We had the time to boil water on the wood stove, to make fire, cook food on the wood stove. Thus we lived, we didn’t have shoes, had to walk barefoot. I can still remember, me and my brother, we always peed on our feet in winter to warm our feet and we had no shoes because our parents earned very little. There wasn’t money for shoes, but we were also different then, just had to endure.

I suppose you often swam in the river. Did the old people maybe tell stories about the river, can you remember?

Yes, in those years we children who played at the river were often warned, “You mustn’t go swimming at that pool or that pool, because there is a water boss.” We walked so that it seemed as if we weren’t going to that pool, but when (inaudible 4:50), the children scared us, the older children scared us when we got there. Then we ran to the river and we children screamed, we told them, “We told you not to go to the river.” But we didn’t hear, didn’t listen.

Did they say what the water boss looked like?

They said the water boss was a big thing. If he caught us he would take us deep down into the water but we didn’t listen. One day one of our friends disappeared in the river and they said it was the water boss, but then he (inaudible 5:20), a big man, (inaudible 05:39) we call him the water boss. So later on we stayed away from the river.

We have a furrow, a small furrow, here, it is dammed up there and that’s where we children went to swim. And we stole the farmers’ oranges, and the farmers … us out of the orchards, us children, you know how a child is (inaudible 6:06), doing all the wrong things. In our childhood. We walked to the mountain a lot, because you know we young boys always wanted fun. Then we went to the mountain. We used to hunt rock lizards, hunt rock lizards in the mountain, we enjoyed that. But once they found a rock lizard close to the houses, then they told us we shouldn’t go to the mountain, those things would bite us. But we didn’t listen, we went to the mountain and hunted those things. They warned us about, they spoke of the mountain adder that was in the mountain, then we stayed away from the mountain, when they said that the mountain adder could swallow a man.

What did they say, what does the bergadder look like?

It looks like a, also like a rock lizard, but it is big, bigger than a human, that’s what the mountain adder looks like. That is why we stayed away from the mountain, because we were scared of it.

Your pa and them told you many ghost stories, didn’t they? Can Oom remember? One story that you heard yourself?

Yes, at one time, we used to walk around a lot at night. I was 11, 12. Our parents told us many times not to walk around in the dark, and they scared us with Jantjie’s Ram. That’s what they called the thing but we didn’t know it. And… on Sundays, when my other friends were out, they said, “Uncle Jantjie is coming, Jantjie will appear.” We walked around at night, but we didn’t know the thing that they called Jantjie’s Ram. Then we became scared and we stopped walking around but stayed at home more. Made a fire in the evenings, sat around the fire, us children. I had two brothers and one sister, the others were out working but the four of us were in the house. We always sat around the fire, then my mother gave us food and bread, and at bedtime the four of us were together, there weren’t many rooms in the house, you know, in those years only Ma and Pa lay on the ground in one room. I’m still on the farm where I was born, but I still enjoy the work. I’m now 59 years old but I’m still working on the farm where I was born. I’m the only one, I’ve been on another farm but I only worked there for a year, then I went back to my birth farm. I’m fine on the farm.

Barend Boelie is op die plaas Karnemelksvlei gebore, waar hy nou woon en werk. Hy het op talle ander plase in die kontrei gewoon en gewerk, maar na die geboorte van sy eersteling het hy saam met sy vrou teruggekeer na Karnemelksvlei, waar die boer vir hulle ’n huis gegee het.

Barend vertel hoe hy as kind teen die waterbaas gewaarsku is wanneer hulle in die rivier gaan visvang of speel het, en hoe hy saans liewer tuis gebly het omdat hy bang was vir Jantjie se ram.

Barend Boelie is op Karnemelksvlei gebore en woon en werk nou daar. Hy het op die plaas grootgeword en daar skoolgegaan tot standerd 4, en daarna op Citrusdal tot standerd 6. Toe het hy op verskeie plase in die omgewing gewerk. Hy het sy vrou ontmoet en na die geboorte van hulle eersteling het hy teruggekeer na Karnemelksvlei, waar die boer vir hulle ’n huis gegee het.

Na skool het Barend en sy maats gewoonlik rivier toe gegaan om vis te vang. Hulle was egter bang dat die waterbaas hulle sou vang. Nadat hulle vis gevang en by die rivier gespeel het, moes hulle vuurmaakhout optel en water gaan haal. In die winter het Barend en sy boetie op hulle voete gepiepie om hulle warm te maak. Hulle het lemoene gesteel en akkedisse in die berge gejag. Hulle is gewaarsku teen die bergakkedis wat soos ’n gewone akkedis lyk, maar groter as ’n mens was. As hulle in die aand wou rondloop, moes hulle oppas vir Jantjie se ram. Hulle was skrikkerig en omdat hulle nie geweet het hoe Jantjie se ram lyk en wat hy aan hulle sou doen nie, het hulle liewer tuis gebly, vir hulle ’n kampvuurtjie gemaak en die aande so deurgebring.

 

My naam is Bêrend Boelie van Karnemelksvlei. Ek is hier gebore op Karnemelksvlei, het hier grootgeraak, het hier skoolgegaan van sub A tot standerd vier, toe’t ek Citrusdal dorp toe gaan skoolgaan tot standerd vyf. Toe’t ek uit die skool uit gegaan, toe’t ek begin werk op die plaas, Karnemelksvlei. Die oubaas vir wie ek gewerk het se naam was Gert Burger. Daar het ek twee jaar gewerk, toe’s ek sewentien jaar oud. Daarvandaan toe gaan ek, toe trek ek oor na ’n ander plaas toe. Daar het ek so drie jaar gewerk. Maar dit het nie vir my lekker gewees op die plaas nie, want toe begin drink ek nou. Daarna het ek Algeria toe gekom, in veeboerdery gewerk van 1981 af. Ek het daar begin inval. En daar het ek toe al die jare daar gewerk. Ek het daar ’n vroutjie ontmoet, uhh,  gestap na Gootfontein toe, daar het ek ’n vroumens ontmoet. Die vrou se naam was (onhoorbaar 1:27 Ertjie?). En daarvan het ek gebly na my ouers se huis toe. Ek was, het saam met my ouers in die huis, en daar, jy weet nou self, daar ’n seuntjie, ’n seuntjie gekry daarso. En toe’t ons aangehou werk, ek en my vrou. En sy het later op die plaas by ’n crèche begin werk. Ons het toe darem ’n eie huisie by, by meneer Gert van der Merwe ’n eie huisie gekry en so het ons maar aangegaan en (onhoorbaar 01:59) vier kinders gebore in die huisie, en so aan. En so ver gaan dit nog goed op die plaas en ek is nou nog op die plaas waar ek gebore is en ek werk nou nog op die plaas Karnemelksvlei.

(onhoorbaar)

Ja, ek het, was ’n baie groot drinker gewees, man. En, nou op ’n laat stadium het ek my bekeer, dat ek by die Heer kan uitkom, want so kan ’n man nie aangaan met jou lewe nie.

[pouse]

My ma en pa het ook op die plaas gebly. My pa was eintlik van die Ceres, daar (? onhoorbaar 2:57). Maar hy het nie, hy het nie op dié plaas gebly nie. So, hier is ons gebore, al ons kinders is hier gebore en grootgeraak. My pa is al oorlede, maar net my ma lewe nog.

Oom-hulle het mos baie in die rivier geswem, is daar stories rondom die rivier wat mense …?

Ja, ons as skoolkos-laaities het van die skool af altyd rivier toe geloop en visgevang en altyd agtermiddae teen sononder by die huis gekom en dan moet ons nog houtjies gaan haal vir onse ouers en water aandra, want die watersloot was ’n hele entjie van ons af, waarvan ons moet water aandra. As die mense klaar uitkom, dan moet daar water wees, daar moet houtjies wees. Ons het tyd gehad om met die houtstofie water te kook, vuur te maak, kos wat jy gemaak het, met die houtstofie. So het ons gelewe, ons het nie skoene gehad nie, moes kaalvoet geloop het. Ek kan nog onthou, ek en my broer, ons het altyd ons voete natgepie in die winter sodat ons voete kan warm kry en daar was nie vir ons skoene nie, want ons ouers het maar min verdien, daar was nie geld vir skoene nie, maar ons was toe ook anders, moes maar deurgaan.

Oom-hulle het seker baie geswem in die rivier. Het die oumense miskien stories vertel van die rivier, kan Oom onthou?

Ja, daai tyd was ons kinders wat by die rivier speel, baie gewaarsku, julle moenie by daai gat of daai gat gaan swem nie, want daar is ’n waterbaas. Ons het so geloop, dan wys ons gaan nie na daai gat toe nie, maar as (onhoorbaar 4:50), die kinders het ons bang gemaak, die groter kinders het ons bang gemaak as ons daar kom, dan hardloop ons na die rivier en ons kinders ons skree, ons sê vir hulle, ons het julle gesê julle mag nie rivier toe gaan nie, maar ons het nie gehoor nie, geluister nie.

Het hulle gesê hoe lyk die waterbaas?

Hulle het gesê die waterbaas is ’n groot ding, as hy ons vang, vat hy ons in ’n diep afgrond in die water, maar ons het nie geluister nie. Op ’n dag het een van ons maatjies weggeraak in die rivier, toe sê hulle dis die waterbaas, maar toe is hy (onhoorbaar 5:20), ’n groot man, (onhoorbaar 05:39) ons noem dit die waterbaas, toe’t ons later maar weggebly uit die rivier uit. Hier by ons is ’n voortjie, ’n klein voortjie, daar is hy opgedam, daar het ons kinders het daar geswem. En ons het die boere se lemoene gesteel, en die boere ons uit die boorde uit, ons kinders, jy weet mos hoe ’n kind is (onhoorbaar 6:06 ), al die verkeerde plekke nagejaag. In ons kinderdae. Ons het altyd baie berg toe geloop, want julle weet ons jong klonkies het altyd lekker gemaak, dan loop ons berg toe. Ons het altyd koggelmanders gejag, koggelmander jag in die berg, dit was vir ons lekker gewees. Maar eenkeer toe kry hulle ’n koggelmander daar by die huise, toe sê hulle vir ons, ons moenie berg toe gaan nie, daai goed gaan vir ons byt, maar ons het nie geluister nie, ons het berg toe gegaan en daai goed gejag, hulle het ons gewaarsku van, hulle het gepraat van die bergadder wat in die berg is, toe’t ons maar eerder weggebly uit die berg uit toe hulle praat van die bergadder wat ’n man insluk.

Hoe’t hulle gesê lyk die bergadder?

Hy lyk soos ’n, ook soos ’n koggelmander, maar hy is net groot, groter as ’n mens, so lyk die bergadder. Daarom het ons weggebly uit die berg uit, want ons was bang vir hom gewees.

Oom se pa-hulle het oom-hulle baie spookstories vertel. Kan Oom onthou? Een storie wat Oom self oorgekom het wat Oom se pa-hulle vertel het?

Ja, eens op ’n tyd, ons het baie aande rondgeloop. Wat ek so elf, twaalf gewees het, ons ouers het baie vir ons gesê, ons moet nie stap in die donkerte nie, toe’t hulle ons bang gemaak met Jantjie se Ram, het hulle die ding se naam gesê, maar ons ken hom nie. En … Sondae, so, as daai ander maatjies loop, dan sê hulle: “Oom Jantjie kom, Jantjie gaan loop.” Dan loop ons in die aande rond, maar ons het nie die ding geken nie wat hulle sê Jantjie se Ram nie, dan het ons bang geraak en ons het nie meer verder rondgeloop nie, maar meer by die huis gebly, saans ’n vuurtjie gemaak, maar om die vuurtjie rondgesit, ons kinders – ek het twee broers gehad en een suster, die ander was uit om te werk, maar ons vier was nou in die huis gewees. Dan het ons altyd so rond alleen by die vuur gesit, dan het my ma kos gegee en brood en slaaptyd was ons vier saam-saam gewees, daar was mos nie ’n klomp vertrekke in die huis nie, net so Ma en Pa het so op die grond gelê in een kamer, daai jare. Ek is vandag nog altyd op die plaas waar ek gebore is, maar ek werk nog lekker. Ek is is nou al agt-en-, nege-en-vyftig jaar oud, maar ek werk nog altyd op die plaas waar ek gebore is. Ek is al een, ek was al op ’n ander plaas, maar ek het net ’n jaar gewerk daar, maar is weer terug na my geboorteplaas, maar dit gaan goed met my op die plaas.